Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
De Jure Law Journal
On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597
Abstract
BOEZAART, T and DE BRUIN, DW. Artikel 14 van die Kinderwet 38 van 2005 en die verskyningsbevoegdheid van 'n kind. De Jure (Pretoria) [online]. 2011, vol.44, n.2, pp.416-438. ISSN 2225-7160.
Artikel 14 van die Kinderwet bepaal dat elke kind die reg het om 'n saak na 'n hof te bring asook om bygestaan te word om 'n saak aldus te bring. In hierdie bydrae word artikel 14 en die invloed/gevolge daarvan op 'n kind se verskyningsbevoegdheid ondersoek. Met die oog hierop word die gemeenregtelike beperkings op 'n infans en 'n minderjarige se verskyningsbevoegdheid oorweeg. Daar word ook aangedui hoe hierdie beperkings in die verlede gehanteer is en hoe die rol van byvoorbeeld die kurator ad litem in regspraak aangewend en ontwikkel is. Die Grondwet het in artikel 28(1)(h) vir kinders 'n reg op regsvertenwoordiging in siviele sake op staatskoste beding, mits dit andersins tot wesenlike onreg sou lei. Die regspraak het daartoe bygedra dat die onderskeie rolle van 'n kurator ad litem en 'n artikel 28(1)(h)-regsverteenwoordiger uitgeklaar is. Alhoewel artikel 14, veral in samewerking met artikel 10, 'n bydrae lewer om kinders se deelname in die regsproses te verseker, word aan die hand gedoen dat artikel 14 nie met die gemeenregtelike beperkings op 'n kind se verskyningsbevoegdheid weggedoen het nie.