SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

VAN HEERDEN, CM  and  BORAINE, A. Die geld of die boks: Perspektiewe op roekelose krediet ingevolge die Nasionale Kredietwet 34 van 2005. De Jure (Pretoria) [online]. 2011, vol.44, n.2, pp.392-415. ISSN 2225-7160.

Die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 (hierna die NKW) lei die konsep van roekelose krediet vir die eerste keer In Suid-Afrikaanse kredietwetgewing in. Die NKW poog om roekelose kredietverlening te voorkom deur voorooreenkoms-assessering ingevolge artikel 81 daarvan verpligtend te maak en maak verder voorsiening vir verskeie remedies ten opsigte van roekelose krediet. Daar word aan die howe verskeie magte verleen afhangende van die soort roekelose krediet wat toegestaan is. Aansienlike onduidelikheid bestaan egter oor die basis waarop die magte van die hof om te beveel dat 'n totale of gedeeltelike tersydestelling van die regte en verpligtinge van die verbruiker, aan wie roekelose krediet soos beoog in artikel 80(1)(a) en 80(1)(b)(ii) toegestaan is, uitgeoefen moet word. Dit is voorts ook nie duidelik op watter basis 'n hof ten aansien van voormelde soorte roekelose krediet moet besluit tussen tersydestelling van die verbruiker se regte en verpligtinge of opskorting van die krag en effek van die ooreenkoms nie. Hierdie bespreking stel praktiese ondersoek in na die aard van roekelose krediet en die wyse waarop 'n voorooreenkoms-assessering gedoen moet word. Die remedies ten opsigte van roekelose krediet word ontleed in 'n poging om die praktiese effek van die magte van die hof vas te stel ten opsigte van die verskillende gevalle van roekelose krediet waarvoor die NKW voorsiening maak. Die prosedurele implikasies verbonde aan roeklose krediet word ook ondersoek.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License