SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

VAN NIEKERK, Gardiol J. Oraliteit in Afrika gewoonteregtelike- en Romeinse kontraktereg: 'n Vergelykende beskouing. De Jure (Pretoria) [online]. 2011, vol.44, n.2, pp.364-380. ISSN 2225-7160.

Suksesvolle hervorming van Afrika gewoontereg hang saam met 'n begrip van die historiese antesedente van die regstelsel. Antieke Romeinse reg met haar uiterste formalisme, rituele en simboliek bly 'n belangrike vertrekpunt om antieke gewoontereg te belig wat preliterêr van aard was. Die bestaande persepsie is dat Afrika gewoontreg, na analogie van die Romeinse reg, slegs reële kontrakte ken en dat aanspreeklikheid slegs volg op gedeeltelik of volle nakoming van verpligtinge van 'n party. Die geldigheid van herdie aanname asook bestaande interpretasies van ander geselekteerde aspekte van die kontrak in die Afrika gewoontereg word getoets by wyse van vergelyking met die stipulatio van die antieke Romeinse reg. Die analise geskied teen die agtergrond van oraliteit en die fokus is op die verhouding tussen woorde, bedoeling en kontraktuele aanspreeklikheid, konkretisering van verbale kommunikasie en seremonie en die rol van fides.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License