SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

VAN DER ZWAN, Pieter  and  STIGLINGH, Madeleine. Die aftrekbaarheid van belasting op toegevoegde waarde op kostes aangegaan om aandele uit te reik: 'n Kritiese ontleding van die ITC 1744-saak. De Jure (Pretoria) [online]. 2011, vol.44, n.2, pp.319-338. ISSN 2225-7160.

Maatskappye gaan dikwels wesenlike kostes aan by die uitreik van aandele om bedrywighede te finansier. Tans voer die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aan dat belasting op toegevoegde waarde (BTW) aangegaan op aandeeluitreikingskoste nie aftrekbaar is nie. Hierdie siening is gebaseer op die ITC 1744-saak. Die uitspraak in die ITC 1744-saak is gebaseer op die mening uitgespreek in 'n Europese hofsaak wat in 1994 beslis is. Sedertdien het die European Court of Justice (ECJ) in 'n aantal sake die aftrekbaarheid van BTW op aandeeluitreikingskoste oorweeg en beslis dat insetbelasting in sekere gevalle aftrekbaar sal wees. In hierdie artikel word die vraag gestel of argumente soortgelyk aan die argumente gevolg deur die ECJ in Suid-Afrika aangevoer kan word. Gebaseer op die ontleding van die argumente in die ECJ-beslissings, binne die konteks van die Suid-Afrikaanse wetgewing, word aangevoer dat daar gebiedende gronde bestaan om in Suid-Afrika te argumenteer dat 'n aandeeluitreiking nie 'n lewering daarstel nie en dat aandeeluitreikingskoste as 'n algemene bokoste beskou kan word. Hierdie argumente kan die SAID aanmoedig om die siening wat tans gehuldig word by die aftrekbaarheid van BTW op aandeeluitreikingskoste in Suid-Afrika, te hersien.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License