SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

CALITZ, Juanitta. Enkele gedagtes oor staatsregulering van die Suid Afrikaanse insolvensiereg. De Jure (Pretoria) [online]. 2011, vol.44, n.2, pp.290-318. ISSN 2225-7160.

Die grondslag van konstitusionalisme is dat die mag van die staat omskryf en ingeperk moet word om die belange van die gemeenskap te beskerm en daarom moet die doel van enige staatsregulering in Suid-Afrika wees om die onderliggende waardes van die Grondwet te ondersteun en te beskerm. Die belang van 'n moderne insolvensieregstelsel as belangrike hoeksteen van volhoubare ekonomiese ontwikkeling is ook wyd erken en deur internasionale instellings soos die Wêreldbank gedokumenteer. Terwyl die fokus van die regshervormingsproses van die insolvensiereg dus moet wees om die belange van die gemeenskap te beskerm sal dit onrealisties wees om die breëre internasionale konteks te ignoreer. Die artikel bespreek die geskiedenis, rol en funksie van die Meester van die Hooggeregshof en lig sekere probleme ten opsigte van die Meester se toesighoudende funksie oor die insolvensiereg uit. Die aanbeveling word gemaak dat ten einde aan die internasionale standaarde te voldoen asook die vertroue van die plaaslike gemeenskap te herwin, is dit nodig om 'n onafhanklike reguleerder as deel van 'n reguleringsraamwerk in die Suid-Afrikaanse insolvensiereg in te stel. Na aanleiding van die grondwetlike aspekte van die reguleringsfunksie asook die internasionale maatstawwe wat ge'identifiseer word, word daar dus aanbeveel dat die Suid Afrikaanse regs- en beleidmakers terugkeer na die regshervormingsproses en opnuut die konsep van staatregulering in die insolvensiereg oorweeg.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License