SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

STEVENS, Philip. Vergeet-my-nie: Gedagtes oor die wisselwerking tussen die reg en die mediese wetenskappe by die beoordeling van geheueverlies. De Jure (Pretoria) [online]. 2011, vol.44, n.2, pp.273-289. ISSN 2225-7160.

Geestesdeskundiges word op 'n gereelde basis gebruik om strafbare optrede te rekonstrueer. Een van die groot struikelblokke wat geestesdeskundiges in die gesig staar tydens die assesseringsfase hou verband met die geval waar die beskuldigde beweer dat hy of sy aan geheueverlies ly, hetsy van 'n tydelike- of permanente aard. Die bewering van amnesie, oftewel geheueverlies, lewer 'n uitdaging vir sowel die forensiese geestesdeskundige wat strewe daarna om sover moontlik aan juridiese standaarde te voldoen ten aansien van die lewering van 'n opinie, as vir regsgeleerdes wat hul sake tot die beste van hulle vermoë moet voordra. Een van die struikelblokke tydens die assessering van amnesie hou verband met die beoordeling van die waarheid of egtheid daarvan en dus om ware amnesie te onderskei van gesimuleerde amnesie. Hierdie artikel verskaf 'n oorsig rakende die aard van amnesie, die belangrikste oorsake daarvan asook die juridiese benadering tot amnesia, geskets teen die agtergrond van die wisselwerking tussen die reg en die mediese wetenskappe by die beoodeling van amnesie.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License