SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

JORDAAN, Louise. Die regsgeldigheid van 'n gebeurlikheidsweiering van mediese behandeling in die Suid-Afrikaanse reg (Deel 2). De Jure (Pretoria) [online]. 2011, vol.44, n.2, pp.259-272. ISSN 2225-7160.

Mediese gebeurlikheidsaanwysings stel persone in staat om mediese behandeling in die toekoms, wanneer hulle nie meer in staat is om wilsbesluite te neem nie, te weier. 'n Mediese gebeurlikheidsaanwysing is 'n lewende testament waarin die outeur weier om mediese behandeling in bepaalde omstandighede in die toekoms te ondergaan. Dit kan ook bestaan uit 'n volmag waarin die outeur 'n ander persoon aanstel om namens hom of haar in die toekoms mediese behandeling te weier. In Suid-Afrika is die regsgeldigheid en afdwingbaarheid van sodanige gebeurlikheidsaanwysing onseker. In die eerste gedeelte van hierdie bydrae wat in 2011 De Jure 32 verskyn het, is die regsposisie soos dit tans in Suid-Afrika daar uitsien, bespreek. Die etiese norme wat in die mediese beroep geld is oorweeg en met die huidige regsposisie vergelyk. Voorts is die relevante grondwetlike waardes wat in ons samelewing geld, kontekstueel ontleed en teen bepaalde belange van die gemeenskap opgeweeg. Hierdie ontleding en belange-afweging het tot die gevolgtrekking gelei dat mediese gebeurlikheidsaanwysings in beginsel as regtens afdwingbare wilsbesluite erken behoort te word. In die tweede gedeelte van hierdie bydrae word aandag geskenk aan die etiese oorwegings wat 'n rol behoort te speel by beantwoording van die vraag of 'n mediese gebeurlikheidsaanwysing in bepaalde omstandighede as regtens afdwingbaar beskou behoort te word. Die ontwikkelinge in buitelandse regstelsels word dan oorweeg en empiriese navorsing wat aldaar onderneem is om die doeltreffendheid van gebeurlikheidsaanwysings in die praktyk te evalueer, word krities ontleed. Die slotsom wat bereik word, is dat die Suid-Afrikaanse parlement oorweging moet skenk aan die destydse voorstelle van die Suid-Afrikaanse Regskommissie in hierdie verband en dat statutêre erkenning aan die regsgeldigheid van mediese gebeurlikheidsaanwysings verleen moet word. Die ondervinding in buitelandse regstelsels dui egter daarop dat blote statutêre erkenning van die regsgeldigheid van gebeurlikheidsaanwysings nie enige noemenswaardige verandering in die praktyk teweeg bring nie. 'n Verandering in opvattings word slegs teweeggebring deur behoorlike opvoeding en die instelling van opleidingsprogramme en ondersteuningstelsels in gesondheid-sorginstellings soos klinieke en hospitale. Daar dus word aan die hand gedoen dat 'n holistiese benadering gevolg moet word, wat beteken dat die staat self betrokke moet raak by die implementering van doeltreffende strategieë om sodoende groter bewuswording van die reg op selfbeskikking van pasiënte by gesondheidsorg-werkers sowel as die breë publiek te bewerkstellig.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License