SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

MILLARD, Daleen. Geregtigheid na maat? Oor finansiële ombudsmanne, reëls en beginsels. De Jure (Pretoria) [online]. 2011, vol.44, n.2, pp.232-258. ISSN 2225-7160.

Alternatiewe geskilbeslegtingsprosedures bestaan om diegene by te staan wat nie hulle regte in die howe kan of wil afdwing nie. Die spesifieke voordeel van ombudsmanne is dat hulle prosesse toeganklik, goedkoop, informeel en vinnig is. Hierdie artikel neem twee skemas onder die loep, naamlik die FAIS ombud in Suid Afrika en die Financial Ombudsman Service (FOS) in Engeland. Daar word gekyk na die wyse waarop die twee instansies reëls sowel as beginsels toepas, wat die jurisdiksie en prosedure van elk behels en hoe daar te werk gegaan word om geskille op te los. Die belangrikste verskil tussen die twee organisasies is dat die FAIS ombud se beslissings in elke wesenlike opsig dieselfde uitwerking as hofbeslissings het en dat dit volledig gerapporteer word, terwyl beslissings deur die FOS nie ten volle gerapporteer word nie en ook nie presedente daarstel nie. Die FOS streef uiteraard daarna om geregtigheid te laat geskied tussen individuele partye, weliswaar binne die bestaande regsraamwerk, maar met die veronderstelling dat billikheid die belangrikste oorweging moet wees. Hierdie werkswyse kan geregverdig word omdat individuele oplossings nie op ander sake van toepassing gemaak word nie. Die FOS of 'n verweerder word deur wetgewing gemagtig om sake na 'n hof te verwys waar daar sprake is van 'n belangrike of nuwe regsvraag. Die beslissing in so 'n saak stel dan 'n presedent daar. Die Suid-Afrikaanse FAIS ombud bereg ook sake binne die bestaande regsraamwerk en moet soos die FOS seker maak dat alle beslissings billik is. Die gevaar is egter dat die FAIS ombud nie verplig is om sake na 'n hooggeregshof te verwys nie, met die gevolg dat 'n beslissing wat in der waarheid oorwegend billik is vir die spesifieke partye tot die geding, presedentele waarde het. Hierdie tekortkoming in die FAIS Wet gee aanleiding daartoe dat die FAIS ombud soos 'n tweede reguleerder word en die gevaar is dat verkeerde interpretasies van die wetgewing tot onbillike resultate vir ander partye tot 'n dispuut kan lei. Hierdie aspek behoort deur die wetgewer aangespreek te word.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License