SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

VILJOEN, Frans. Hedendaagse uitdagings vir internasionale menseregte en die rol van menseregte-opleiding. De Jure (Pretoria) [online]. 2011, vol.44, n.2, pp.207-231. ISSN 2225-7160.

In hierdie bydrae word vier hedendaagse uitdagings aan international menseregte onder die loep geneem. Hierdie uitdagings is: (1) Die internasionale menseregte-sisteem is oormatig ingewikkeld en gefragmenteerd, dog steeds onvolledig in die substantiewe beskerming wat dit bied. (2) Internasionale menseregte het nie voldoen aan die beloftes wat dit voorgehou het nie. (3) Die staats-gesentreerde aard van menseregte gee aanleiding daartoe dat state die paradoksale posisie inneem as beide menseregte-beskermer en menseregte-skender. (4) Internasionale mense-regte het nie voldoende aandag geskenk aan die behoeftes van die mees behoeftige lede van samelewings nie. Hierdie artikel maak die argument uit dat elkeen van hierdie uitdagings beter verstaan en benader kan word indien 'n multidissiplinêre, eerder as 'n streng judisiële of regsgebaseerde benadering gevolg word. Die inhoud van menseregte-opleiding moet dus krities heroorweeg word, en toelatingsvereistes vir meseregte-programme behoort aangepas te word om so 'n multidissiplinêre benadering te vergestalt.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License