SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


De Jure Law Journal

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

NEELS, Jan L  and  FREDERICKS, Eesa A. Stilswyende regskeuse in die "Hague Principles on Choice of Law in International Contracts". De Jure (Pretoria) [online]. 2011, vol.44, n.1, pp.101-110. ISSN 2225-7160.

Die onderhawige artikel bevat die voorlegging wat insake stilswyende regskeuse aan die werkgroep gemoeid met die opstel van die Hague Principles on Choice of Law in International Contracts gemaak is. Aandag word aan die verskillende kriteria vir stilwyende regskeuse in verskeie internasionale instrumente en nasionale regstelsels bestee. Daar word aangevoer dat relatief streng vereistes vir 'n stilwyende regskeuse gestel moet word om regsonsekerheid en die omseiling van die objektiewe internasionaal-privaatregtelike norme te voorkom. Die prosedurele element wat in hierdie verband in sekere kodes gevind word, moet vermy word in die tersaaklike aanwysingsregtelike konteks. Die moontlike bronne vir 'n stilswyende regskeuse word bespreek en dit blyk dat die kontraktuele bedinge asook die omstandighede van die geval in hierdie verband 'n rol mag speel. Die outeurs doen aan die hand dat die keuse van 'n forum nie as sodanig 'n stilwyende regskeuse daarstel nie. Met inagneming van die voorafgaande ontleding, is sekere voorstelle oor 'n juiste formulering van die toets vir 'n stilwyende regskeuse gemaak. Daar word aangedui welke wysigings deur die werksgroep aangebring en op welke formulering voorlopig ooreengekom is. Die voorgestelde reël kan soos volg vertaal word: "'n Kontrak word beheers deur die regstelsel of regsreëls wat deur die partye gekies is. Die keuse of enige wysiging daarvan moet uitdruklik gemaak word of duidelik blyk uit die bedinge van die kontrak of uit die omstandighede. 'n Ooreenkoms tussen die partye om jurisdiksie aan 'n hof of arbitrasietribunaal in 'n sekere staat te verleen, kom nie as sodanig op 'n keuse van die reg van daardie staat neer nie."

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License