SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


De Jure Law Journal

versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597

Resumen

DE WAAL, Elda  y  MAWDSLEY, Ralph D. Student/leerder bewerings van seksuele wangedrag deur onderwysers: 'n Onderwyser se reg op privaatheid en administratiewe geregtigheid. De Jure (Pretoria) [online]. 2011, vol.44, n.1, pp.74-100. ISSN 2225-7160.

Veel is op die spel wat betref die seksuele wangedrag van opvoeders in die VSA en Suid-Afrika. Albei lande verwag van veral opvoeders om die misbruik van kinders by die onderskeie maatskaplike dienste en wetstoepassers aan te meld: die versuim hiervan kan in die VSA lei tot die herroeping van onderriglisensies. Hierdie artikel fokus op (i) die mate waartoe lede van die publiek daarop geregtig is om die name van aangeklaagde opvoeders te ken, (ii) wie seksuele klagte behoort te ondersoek, en (iii) op watter privaatheid opvoeders tydens die ondersoek aanspraak kan maak. Hierdie saak word vanuit 'n VSA en RSA regsvergelykende perspektief aangespreek, met spesifieke verwysing na die feiteondersoek-proses en Skoolbeheerliggame se beheeruitoefeningsrol in die Suid-Afrikaanse openbare onderwyssektor, en skool amptenare se rol in die VSA. Uit die bespreking van hoe die VSA tot onlangs hierdie dilemma aangespreek het, blyk dit dat opvoeders geregtig behoort te wees op beskerming teen die skade wat ongestaafde bewerings van seksuele wangedrag hulle reputasies kan aandoen. Van die aanbevelings wat gemaak word om die Suid-Afrikaanse situasie te remedieer is dat die feiteondersoek-proses na aanleiding van 'n klag van seksuele wangedrag onberispelik bestuur moet word, en dat regsprekers in laer howe een of ander bewusmaking moet ondergaan ten opsigte van basiese feite-ondersoek flaters wat hulle op hierdie vlak begaan.

        · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons