SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue1How do you determine a fair sanction? Dismissal as appropriate sanction in cases of dismissal for (mis)conductTacit choice of law in the Hague Principles on Choice of Law in International Contracts author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

De Jure

On-line version ISSN 2225-7160
Print version ISSN 1466-3597

Abstract

DE WAAL, Elda  and  MAWDSLEY, Ralph D. Student/leerder bewerings van seksuele wangedrag deur onderwysers: 'n Onderwyser se reg op privaatheid en administratiewe geregtigheid. De Jure (Pretoria) [online]. 2011, vol.44, n.1, pp.74-100. ISSN 2225-7160.

Veel is op die spel wat betref die seksuele wangedrag van opvoeders in die VSA en Suid-Afrika. Albei lande verwag van veral opvoeders om die misbruik van kinders by die onderskeie maatskaplike dienste en wetstoepassers aan te meld: die versuim hiervan kan in die VSA lei tot die herroeping van onderriglisensies. Hierdie artikel fokus op (i) die mate waartoe lede van die publiek daarop geregtig is om die name van aangeklaagde opvoeders te ken, (ii) wie seksuele klagte behoort te ondersoek, en (iii) op watter privaatheid opvoeders tydens die ondersoek aanspraak kan maak. Hierdie saak word vanuit 'n VSA en RSA regsvergelykende perspektief aangespreek, met spesifieke verwysing na die feiteondersoek-proses en Skoolbeheerliggame se beheeruitoefeningsrol in die Suid-Afrikaanse openbare onderwyssektor, en skool amptenare se rol in die VSA. Uit die bespreking van hoe die VSA tot onlangs hierdie dilemma aangespreek het, blyk dit dat opvoeders geregtig behoort te wees op beskerming teen die skade wat ongestaafde bewerings van seksuele wangedrag hulle reputasies kan aandoen. Van die aanbevelings wat gemaak word om die Suid-Afrikaanse situasie te remedieer is dat die feiteondersoek-proses na aanleiding van 'n klag van seksuele wangedrag onberispelik bestuur moet word, en dat regsprekers in laer howe een of ander bewusmaking moet ondergaan ten opsigte van basiese feite-ondersoek flaters wat hulle op hierdie vlak begaan.

        · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License