SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


De Jure Law Journal

versão On-line ISSN 2225-7160
versão impressa ISSN 1466-3597

Resumo

SMIT, Nicola. Hoe word 'n billike sanksie bepaal? Ontslag as gepaste sanksie in gevalle van ontslag weens (wan)gedrag. De Jure (Pretoria) [online]. 2011, vol.44, n.1, pp.49-73. ISSN 2225-7160.

Elke werknemer in Suid Afrika het die reg om nie onbillik ontslaan te word nie. Die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 bepaal dat 'n werkgewer 'n werknemer billik mag ontslaan op grond van gedrag, vermoë op bedryfsvereistes. Die werkgewer moet egter ook 'n billike prosedure voor ontslag volg. Die Kode van Goeie Praktyk: Onbillike Ontslag (bylae 8 by die Wet) bepaal dat die vraag of 'n rede vir ontslag billik is of nie, word deur die feite van elke saak asook die gepastheid van ontslag as sanksie beantwoord (in besonder item 7(b)(iv)). Dit is egter nie maklik om te bepaal of ontslag die gepaste sanksie in 'n bepaalde geval is nie. Hierdie bydrae oorweeg hierdie vraag sonder om na prosedurele billikheid te verwys. In die saak van Edcon Ltd v Pillemer NO (Reddy) is beklemtoon dat 'n werkgewer getuienis moet voorlê om die bewering dat ontslag in werklikheid die gepaste sanksie was, te ondersteun. Sodanige getuienis kan insluit dat die vertrouensverhouding onherstelbare skade gely het. Die werkgewer moet dus kan aandui dat die werknemer skuldig is aan wangedrag en dat die aard sowel as die impak of uitwerking daarvan sodanig is dat ontslag die gepaste sanksie is. Die bydrae ondersoek 'n aantal sake in die lig van hierdie oorweging, naamlik: (i) die bewyslas in ontslaggeskille; (ii) wanneer ontslag 'n gepaste sanksie kan wees; (iii) die finale besluitnemer rakende of ontslag billik was of nie (maw was dit in die bepaaalde geval wel die gepaste sanksie); en (iv) hoe moet 'n werkgewer die besluit om ontslag as sanksie te gebruik of nie benader. Hierdie vrae word telkens bespreek met verwysing na beginsels wat reeds in regspraak gevestig is.

        · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons