SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.34 issue4Unlocking opportunities in manufacturing operations management systems: a proposed frameworkInnovation for inclusive development: mapping and auditing the use of ICTs in the South African primary education system author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

MOLETSANE, M.; DU PREEZ, W.; DE BEER, D.  and  NKHWA, S.. Characterisation of bone-regenerating scaffolds produced through lithography-based ceramic manufacturing. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2024, vol.34, n.4, pp.47-58. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/34-4-2984.

Litografie-gebaseerde keramiekvervaardiging (LCM) is 'n laagvervaardigingstegnologie (LV) wat pasgemaakte, driedimensionele keramiekonderdele laag vir laag bou. Die vlak van akkuraatheid van die proses maak voorsiening vir die druk van pasgemaakte intern-aaneenlopende roosterstrukture en ontwerpe wat geskik is vir beenimplantate. Hierdie studie het die LCM-veraardigbaarheid van verskeie roosterstrukture ondersoek met die hidroksieapatiet (HA480) verskaf deur Lithoz. Verskillende roosterstrukture is gekarakteriseer. Die mikroskopiese struktuur, die samestelling en die oppervlakrofheid van die toetsmonsters is bepaal. Om die meganiese eienskappe van die strukture te verkry, is druktoetse uitgevoer. Die waargenome mikroporieë van ±3 µm en die makroporieë van ±320 µm was geskik vir beenselgroei. Die gemete mikrohardheid van HA480 was 556±25 HV in die bourigting en 559±27 HV loodreg op die bourigting. Die druksterkte van die rombiese dodekaëderroosterstruktuur was 4±0.5 MPa, en was beter as ander getoetste roosters. Uit die resultate is tot die gevolgtrekking gekom dat roosterstrukture wat deur LCM vervaardig word, die potensiaal het om gebruik te word vir vervaardiging van pasgemaakte beenregenererende steiers.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License