SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.34 issue3Improved energy budgeting process using measurement and verification principlesExploring factors that influence the mainstreaming of gendered energy interventions in poor urban environments: a structured literature review author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

GONCALVES, D.P.. Security access control effectiveness design. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2023, vol.34, n.3, pp.84-96. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/34-3-2954.

Suid-Afrika se infrastruktuur het 'n oormaat van sekuriteitsaanvalle in die gesig gestaar wat gelei het tot die promulgering van die Wet op die Beskerming van Kritieke Infrastruktuur No. 8 van 2019. Residuele risiko (d.i. dit wat oorbly nadat die bedreigings aangespreek is) moet beoordeel word vir die kritieke infrastruktuur sekuriteitstelsel as deel van die totale sekuriteitstelselontwerp. Een area wat aandag verg, is toegangsbeheer. Hierdie artikel demonstreer hoe om so 'n ontwerp te benader, met 'n spesifieke fokus op die doeltreffendheid van die toegangsbeheerstelsel en hoe om die biometriese of digitale sleutel (soos toegangskaarte) stelsel te kies. Die benadering begin deur toegangsbeheergebeurtenisse te definieer wat weer gebruik word om toegangsbeheerdoeltreffendheid te definieer ten opsigte van die waarskynlikheid van ongeldige toegang en van anomalie-opsporing. Die teoreties afgeleide resultate word bevestig deur 'n simulasie. Op grond van hierdie modelle word leiding verskaf vir die ontwerp van toegangsbeheer vir kritieke infrastruktuur.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License