SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.34 número3Consumer e-waste recycling in South AfricaUsing machine learning to predict the next purchase date for an individual retail customer índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


South African Journal of Industrial Engineering

versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X

Resumen

SITHOLE, S.M.; GOUS, A.G.S.  y  SCHUTTE, C.S.L.. A dynamic simulation model for optimal deep-level mine cooling management and operational decision-making for Eskom's load curtailment. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2023, vol.34, n.3, pp.68-83. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/34-3-2953.

Die Suid-Afrikaanse mynbousektor is afhanklik van intensiewe energieverbruik om minerale te ontgin. Die meeste van hierdie energie word gebruik om ondergrondse werksomstandighede deur verkoeling te verbeter. Elektrisiteitskoste is aan die toeneem, wat die winsgewendheid van myne verminder. Myne moet belê in bestuurstelsels wat energieverbruik optimeer terwyl ondergrondse toestande gehandhaaf word. Dinamiese simulasiemodelle is van kritieke belang vir stelselontleding, optimale bestuur en verbeterde besluitneming. Hierdie artikel bied 'n geïntegreerde dinamiese simulasiemodel vir diepvlakmynverkoelingstelsels aan. Die model is ontwikkel deur gebruik te maak van Process Toolbox simulasie sagteware, en 'n gemiddelde persentasie fout (MAPE) van 3.53 % is behaal. Die impak van vragbeperking op ondergrondse dienste is gesimuleer. Agt werkareas het die wettige perk van 32,5 °C oorskry, en die bestendige toestand-simulasie het die impak onderskat, aangesien slegs drie werksareas geraak is. Die simulasie was sensitief vir die omgewingstoestande; hoë temperature is in die werksareas opgemerk toe die omgewingstemperature 'n hoogtepunt bereik het.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons