SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 issue3Parametric mandible reconstruction plate author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

CHIBINYANI, M.I.; DZOGBEWU, T.C.; MARINGA, M.  and  MUIRURI, A.M.. Reduced order topology optimisation of a planar honeycomb defined by a linear elastic Ti6al4V (ELI) material model. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2022, vol.33, n.3, pp.299-317. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/33-3-2808.

Gekombineerde numeriese modellering en topologie-optimeringsmetodes is nuttig in die ontwerp en ontleding van ingenieurstrukture. Die twee instumente word gebruik om die meganiese eienskappe van strukture te voorspel en te optimaliseer. Numeriese modellering en optimalisering van driedimensionele heuningkoekstrukture word uitgedaag deur die skerp hoeke in die geometrie. Dit verminder effektiewe iterasies in topologie-optimalisering by die hoekpunte en kante. Die alternatief - die generering van effektiewe iterasies by die hoekpunte en rande in vlakke heuningkoeke van Ti6Al4V (ELI) - word in hierdie artikel aangebied. Maaskonvergensietoetse met wisselende maasdigthede is aan die begin op vlakke eenheid seskantige selle uitgevoer. Die resultate wat verkry is van planêre eenheid seskantige selle onder buite-vlak kompressiebelastings voor en na topologie optimering is vergelyk. Dit is gevolg deur vormoptimering en numeriese analise, en die resultate is vergelyk met die numeriese analise voor topologie-optimering. Dieselfde prosedure is gevolg vir 'n plat heuningkoekmodel. Aanvaarbare voorspellings is vir die planêre numeriese modelle verkry. Materiaalverminderings van 30% en 8% vir die planêre eenheid seskantige sel en vir die heuningkoekmodel onderskeidelik is verkry in topologie-optimering. Die maksimum spannings in hierdie numeriese modelle na vormoptimering het met 58% en 4% onderskeidelik verminder.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License