SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 issue3Selecting a scaled agile approach for a fin-tech companyA quality assurance framework for sulphonic acid-coated sand used in 3D printing applications author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

MONTEIRO, C.A.; VAN LAAR, J.H.  and  SCHUTTE, C.S.L.. A simulation-based water management strategy for life-of-mine water planning. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2022, vol.33, n.3, pp.248-261. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/33-3-2787.

Voldoende waterverspreiding in myne is van kardinale belang vir beide verkoeling en produksie. Soos diepvlakmyne dieper word, neem die waterbehoeftes en die daaropvolgende ontwateringsvereistes ook toe. Talle studies oor mynontwateringsbeplanning bestaan; hierdie studies erken egter nie die geintegreerde aard van die waterstelsel wat bestaan uit die dienswatervoorsiening sowel as die ontwateringstelsel nie. Hierdie studies verwaarloos ook algemeen dienswaterverspreiding en -intensiteit, lewensduur-van-mynwaterbeplanning en die gebruik van nulafvalbasislyne. In hierdie studie word 'n generiese simulasie-gebaseerde waterbestuurstrategie voorgestel. Die strategie moet 1) beide diens- en ontwateringswaterstelsels insluit, 2) rekening hou met dinamiese produksieplanne, en 3) voorsiening maak vir lewensduurmodellering. Data van ondergrondse oudits is gebruik om 'n basislynmodel saam met die mynplanne en opnamedata te ontwikkel. Die toepassing van die bestuurstrategie op 'n gevallestudiemyn het gelei tot voorspellings wat tot binne 5% akkuraat was vir toekomstige planne.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License