SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 issue3Production scheduling heuristics for frequent load-shedding scenarios: a knowledge engineering approachCombining green building and lean construction to achieve more sustainable development in South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

SWARTZ, B.  and  SINGH, S.. A tale of three regions: quality culture and its impact on pharmaceutical production. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2022, vol.33, n.3, pp.137-149. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/33-3-2800.

Hierdie studie bied 'n vergelykende literatuurondersoek van die farmaseutiese industrie in Japan, Europa en die Verenigde State, met die fokus op die kwaliteitskultuur, wat histories bedrywighede in hierdie streke beinvloed het. Dit het ten doel om generiese valstrikke wat ontstaan as gevolg van kulturele invloede uit te lig, sodat die valstrikke vermy kan word wanneer 'n konseptuele model van kwaliteitbestuurspraktyke vir Suid-Afrikaanse organisasies ontwerp word. Terselfdertyd het die literatuur gebiede belig waar kultuur operasionele uitnemendheid (OpEx) in produksie bevorder. Kwadrante van die organisatoriese kultuuranalise-instrument (OCAI) word gebruik om navorsingsdata uit 72 literatuurbronne in te samel en te ondersoek. 'n Aktiwiteitsteoretiese navorsingsbenadering is gebruik om die vergelykende studie uit te voer en dus 'n konsekwente formele ondersoek van die drie geografiese streke te verseker. Tydens hierdie ontleding, word veronderstel dat bedryfseienskappe ondersteun word deur kultuurtipes wat uitgelig en ondersoek is. Bevindinge van hierdie ondersoek sal in 'n toekomstige studie gebruik word om 'n operasionele uitnemendheidsmodel vir Suid Afrika te ontwikkel wat gebaseer is op kwaliteitskultuur.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License