SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 issue3Ensuring sustainable and resilient air traffic management systems for South Africa with complexity and whole-of-society theory approachesModelling the tendencies of a residential population to conserve water author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

WAGNER, R.S.; HATTINGH, T.S.  and  MEIJER, H.. Factors affecting the sustainability of lean in healthcare: a systematic literature review. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2022, vol.33, n.3, pp.124-136. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/33-3-2813.

Die toepassing van "Lean" in gesondheidsorg het geleidelik gestyg sedert 2000. Die implementering van "Lean" in gesondheidsorgomgewings het egter 'n hoè historiese falingsyfers wat toegeskryf kan word aan 'n gebrek aan volhoubare implementering. 'n Kennisgaping is dus gei'dentifiseer, in beide praktyk en navorsing, om die rede vir mislukking en die impak van die volhoubaarheid van "Lean" op "Lean"-sukses te verstaan. Die doel van die studie is om die faktore te ondersoek wat die volhoubaarheid van "Lean" in gesondheidsorg in Suid-Afrikaanse hospitale affekteer. Hierdie artikel doen verslag oor die eerste deel van die studie, 'n sistematiese literatuuroorsig (SLR) wat die faktore identifiseer wat die volhoubaarheid van "Lean" in gesondheidsorg in hospitale beinvloed. Deur die SLR is 50 faktore wat "Lean"-volhoubaarheid in hospitale beinvloed geidentifiseer en in 12 temas gegroepeer. Hierdie temas is daarna getoets teen "Lean"-beginsels. Die resultate het getoon dat die aanpassing van "Lean" sodat dit sin maak vir gesondheidsorgpersoneel en versoenbaar is met 'n hospitaalkonteks, belangrik is vir volhoubaarheid. Personeel en organisatoriese gereedheid tydens "Lean"-implementering is ook van kritieke belang vir langtermyn volhoubaarheid. Die SLR-resultate sal gebruik word om 'n onderhoudprotokol vir die tweede deel van die hoofstudie te ontwikkel, wat onderhoude met Suid-Afrikaans-gebaseerde praktisyns, konsultante en akademici sal behels wat direk betrokke is by "Lean"-implementering in Suid-Afrikaanse hospitale.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License