SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 número1Evaluating healthcare performance using fuzzy logicUsing failure modes and effects analysis as a problem-solving guideline when implementing SPC in a South African chemical manufacturing company índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


South African Journal of Industrial Engineering

versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X

Resumo

SCHUTTE, C.; NIEMAN, W.  e  KOTZE, T.. Exploring relationship power in supply chain sustainability practices: a case study of a South African hospital group. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2022, vol.33, n.1, pp.154-176. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/33-1-2209.

Kopers en verskaffers van gesondheidsorgprodukte en -dienste is meer afhanklik van mekaar as tevore vir die voorsiening van skaars en unieke hulpbronne wat die implementering van voorsieningsketting-volhoubaarheidspraktyke aanspoor. Maatskappye wat hierdie hulpbronne beheer het buitensporige mag oor ander. Hierdie studie het hulpbronafhanklikheidsteorie as 'n teoretiese lens gebruik om die rol van verhoudingsmag in voorsieningsketting volhoubaarheidspraktyke tussen 'n Suid-Afrikaanse private gesondheidsorgverskaffer en sy leweransiers te ondersoek. Semi-gestruktureerde onderhoude was uitgevoer om data in te samel van 12 individue op verskeie vlakke van die gevallestudie onderneming se hierargie. Die studie het verskeie soorte omgewings- en sosiale praktyke geïdentifiseer. Van die geïdentifiseerde omgewingspraktyke is sluit effektiewe afvalbestuur en herwinning in, terwyl sosiale praktyke leweransier selektering en gereëlde hersienning ingesluit het. Die studie toon dat die groep mag uitoefen oor sy leweransiers om voorsieningskettingbestuur-volhoubaarheidspraktyke te implementeer. Die resultate van die studie dui aan dat verhoudingsmag 'n drywer van hierdie praktyke is. Gemeenskaplike getrouheid, voordurende kommunikasie, en opleiding ondersteun die praktyke. Gesondheidsorg bestuurders moet bewus wees van hoe belangrik verhoudingsmag vir hierdie praktyke se implementering is. Daar moet tyd belê word in die bou van koper-en-leweransier verhoudings om by te dra tot volhoubaarheid. Hierdie studie brei die literatuur rakende verhoudingskrag in voorsieningskettingvolhoubaarheidspraktyke uit in 'n onderontginde ontwikkelende land gesondheidsorgkonteks

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons