SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 número1Study on factors affecting the performance of construction projects in the Democratic Republic of the CongoA fuzzy event tree methodology modified to select and evaluate suppliers índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


South African Journal of Industrial Engineering

versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X

Resumo

RUST, R.M.; ELSHENNAWY, A.  e  RABELO, L.. A literature review on mitigation strategies for electrical component obsolescence in military-based systems. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2022, vol.33, n.1, pp.25-38. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/33-1-2519.

Die doel van hierdie navorsing is 'n allesomvattende ondersoek oor vorige studies van veroudering, sowel die betrokke kwessies en taktiek vir versagting in militêre stelsels. Vier kategorieë word ondersoek: 1. Verouderingsgevolge, 2. Lewensiklusstadia en -strategieë vir lewensiklusbestuur, 3. Ontwerp vir veroudering en koste-optimering, en 4. Bestuur en gereedskap. Met behulp van 'n kwantitatiewe benadering is die sleutelonderwerpe van 55 artikels in die literatuuroorsig bepaal. 'n Sleutelwoord- en onderwerpmatriks is gebruik om ses hoofareas van kommer in huidige navorsing te bepaal, en is dit verder afgebreek in die vier kategorieë wat in hierdie artikel bespreek word. 'n Detail analise in die literatuur toon dat die hoofareas van kommer vir veroudering koste-optimering, verouderingsbestuur, stelsel-lewensiklus, ontwerp /stelselvernuwingsbeplanning, argitektuur/oop stelsels en lewensduur voorspellings is. In die lewensduur-voorspellingskategorie het slegs een artikel masjienleer as 'n voorspellingsmetode voorgestel. Dit dui op 'n behoefte aan 'n meer vaartbelynde bestuursbenadering om veroudering aan te pak. Nuwer navorsing toon dat belangstelling verskuif van stelsellewensiklusbestuur na voorspellingstegnieke en proaktiewe bestuurverbeterings. Hierdie studie demonstreer geleenthede en uitdagings vir entiteite wat te doen het met komponent-veroudering en metodes om die kwessies wat daarmee gepaardgaan, te minimeer. Hierdie artikel identifiseer huidige praktyke vir verouderingsbestuur, en identifiseer areas vir verdere ontwikkeling

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons