SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 número3Parametric mandible reconstruction plate índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


South African Journal of Industrial Engineering

versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X

Resumen

GOVENDER, P.; BLAINE, D.C.  y  SACKS, N.. Influence of powder characteristics on the spreadability of pre-alloyed tungsten-carbide cobalt. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2021, vol.32, n.3, pp.284-289. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/32-3-2664.

Met toenemende belangstelling in toevoegingsvervaardiging tegnieke, is daar 'n groter fokus op navorsing wat kritieke parameters evalueer, vir die geskikte keuse van poeiers vir toevoegingsvervaardiging. Een so 'n parameter is 'n poeier se verspreibaarheid, beskryf deur maatstawwe soos poeierbeddigtheid en persentasie dekking. Hierdie studie het op drie WC-Co-poeiers (twee 12 gew.% en een 17 gew.% Co), wat deur 'n spuitdroging proses vervaardig word, gefokus; die invloed van tipiese poeierkenmerke, soos partikelgrootte en -vorm, massadigtheid en vloeitempo, op hul verspreibaarheid is geëvalueer. Daar is gevind dat partikel grootteverdeling die mate van poeier verspreibaarheid beïnvloed het. Groter partikels het die eweredige verspreiding van poeier oor die basisplaat belemmer. Dit het gelei tot lae poeierbeddigtheid en persentasie bedekkings. Dit het ook gekorreleer met die massadigthede van die poeiers. Die vloeitempo en natuurlike helling het 'n aanduiding gegee van hoe samehangend die poeiers is. Hoe meer samehangend 'n poeier is, hoe slegter is die verspreiding, wat lei tot 'n laer poeierbeddigtheid en persentasie bedekking.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons