SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 issue3An integrative review of the potential barriers to and drivers of adopting and implementing sustainable construction in South AfricaConsumer e-waste recycling in South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

BUHRMANN, J.H.  and  BRUWER, F.. K-medoid petal-shaped clustering for the capacitated vehicle routing problem. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2021, vol.32, n.3, pp.33-41. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/32-3-2610.

Hierdie werk ondersoek die gebruik van die k-medoid groeperings metode in die begrensde In-staat-gestelde Voertuig Roetebeplanningsprobleem (IVRP). Die k-medoid groeperingsmetode is geneig om blomblaarvormige groeperings te vorm, wat 'n effektiewe metode vir roetebeplanning in die IVRP kan voorhou. Die gekose groeperingsmetode word opgevolg deur 'n afbreek-en-herkonstrueer metode wat roetes vir elke groepering apart konstrueer. Die resultate van hierdie algoritme is vergelyk met resultate verkry deur n soortgelyke toepassing van die alombekende k-gemiddelde groeperings metode vir drie vooraf geïdentifiseerde datastelle. Twee maatstawwe is gebruik om die kwaliteit van die oplossings met mekaar te vergelyk, naamlik reiskostes en totale afstand afgelê. Die resultate dui daarop dat die k-medoid groeperingsmetode oor die algemeen beter resultate lewer as die k-gemiddelde groepering. Verder dui die resultate daarop dat die algoritme sonder enige vooraf opgestelde groeperings die beste resultate oplewer. Ten spyte hiervan, kan groeperingsmetodes nog steeds beskou word as n handige manier om grootskaalse probleme van die IVRP op te breek in kleiner subprobleme wat dan kan lei tot korter oplossingstye. Groeperingsmetodes is ook waardevol vir besluitnemers in die segmentering van groot verspreidingsnetwerke.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License