SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31 número3Evaluating the impact of operational reportsValidation of supervisor effectiveness determinants for engineering team-based organisations índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


South African Journal of Industrial Engineering

versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X

Resumen

BOTHA, A.P.. Nature-inspired leadership - Seeking human-technology-earth harmony. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2020, vol.31, n.3, pp.170-182. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/31-3-2431.

"Gaan na die mier, ... kyk na sy weë en word wys!" (Spreuke 6:6). Ons het baie vooruitgang getoon deur natuurnabootsing te gebruik in ons ingenieursontwerpe en -prosesse. Ons het egter min geleer om ons inspirasie in die natuur te kry om leiers in ons komplekse wêreld te wees. In die natuur is dit die spesie wat leer deur waar te neem, te luister, sin te maak, in te neem, te dink en op die regte tye te rus wat oorleef en floreer in hulle omgewings - op vlaktes, in berge, die bos, riviere, oseane, woestyne en die lug. Veg of vlug gebeur in beide die natuur en in besigheid. Uitdagings word gedeel in saambestaan, geduld, uithouvermoë, veerkragtigheid, en aanpassing. Leierskap uitdagings wat na vore kom in die nuwe wêreld van die saambestaan van mens en masjien word ook verryk deur lesse uit die natuur wat nuwe gedrag inspireer. Hierdie lesse word nie in bestuurskole of kulturele nalatenskap geleer nie, maar in natuurlike oplossings wat vir miljoene jare plooibaar, effektief en doeltreffend is. Ons bespreek die grondslag van 'n konseptuele denkmodel van leierskap wat deur die natuur geïnspireer is. Dit gee n beginpunt om 'n bewustheid te skep van hoe natuurgeïnspireerde leierskap aangewend kan word. Enigiets wat vanuit die natuur gemodelleer word, moet verstaan word teen die agtergrond dat modelle vereenvoudigings is van die werklikheid in die natuur, wat n komplekse stelsel is, en dat dit nie ten volle verstaan word nie. Ons doelwit moet nooit wees om die natuur te kopieer nie, maar om beginsels daaruit te onttrek.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons