SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31 issue3Consumer e-waste recycling in South AfricaUsing machine learning to predict the next purchase date for an individual retail customer author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

VAN AARDE, C.; GOUS, A.G.S.  and  KLEINGELD, M.. Improved energy budgeting process using measurement and verification principles. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2020, vol.31, n.3, pp.58-68. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/31-3-2418.

Begrotings word gebruik om 'n myn se vertoning te voorspel en te meet. Probleme ontstaan wanneer die begroting ontwikkel word deur finansiële hulpbronne met beperkte fokus op operasionele veranderinge. Die implementering van energiebesparingsmaatstawwe en die aantal werksdae of tyd-in-gebruik profiele word dikwels afgeskeep. Die gevolg is dat die begroting in onbruik val. Meet en verifieer beginsels is egter bekend vir hul doeltreffendheid om operasionele veranderinge aan te spreek. Hierdie artikel bied n nuwe benadering aan waarmee meet en verifieer beginsels aangepas word by finansiële beginsels deur die ontwikkeling van analogieë tussen die twee velde. 'n Kritiese analise van Suid-Afrikaanse myne se begrotings is geloods om die analogieë te skep. Die resultaat van die analise beklemtoon die behoefte vir integrasie en lewer 'n verwantskap tussen gevestigde meet en verifieer beginsels as n alternatiewe oplossing tot begroting. Die oplossing is toegepas in 'n goudmynkompleks in Suid-Afrika. Die nuwe begroting kon rekenskap gee van R26.2 miljoen (16.8%), teenoor die oorspronklike begroting, deur die meet en verifieer beginsels suksesvol te inkorporeer.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License