Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
South African Journal of Industrial Engineering
versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X
Resumen
APPOLLIS, L.M.; VAN DYK, W.A. y MATOPE, S.. Using failure modes and effects analysis as a problem-solving guideline when implementing SPC in a South African chemical manufacturing company. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2020, vol.31, n.1, pp.157-169. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/31-1-2294.
Gehaltebestuur is meer as net 'n operasionele ekstra, en het noodsaaklik geword vir besigheidsverwesenliking in 'n versadigde markomgewing met keurige kliënte. Dit het ontwikkel vanaf 'n operasionele ekstra tot 'n beduidende komponent van holistiese operasionele bestuur. Die uiteindelike doelwit bly kliënt tevredenheid, deur die mees effektiewe tegnieke te gebruik om die doeltreffendste en mees koste-effektiewe proses te verseker. Statistiese prosesbeheer en statistiese gehaltebeheer is wyd gebruik in kwaliteitsbestuur om proses optrede te verbeter deur die variasie te verminder. Statistiese prosesbeheer kan egter slegs effektief wees as dit met 'n gestruktureerde probleemoplossings hulpmiddel geïmplementeer word. Die diagnostiese vermoë van statistiek, tesame met 'n mislukkingsmetodes en effekte-analise as die probleem-oplossingsmetode tydens 'n probleem oplossing-aksieplan, skep 'n omgewing wat bevorderlik is vir prosesverbetering en die bemagtiging van werknemers. Die mislukkingsmetodes en effekte-analise is gebruik om bronne van variasie te identifiseer en uit te skakel, wat gelei het tot 'n afname in prosesvariasie met 63 persent en 'n afname in defekte met 160 961 per miljoen geleenthede.