SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

YONGYAN, B. et al. Application Research Of A Technology Evaluation Method Based On Entropy Weight And Cloud Theory. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2019, vol.30, n.4, pp.71-86. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/30-4-2178.

Hierdie artikel maak gebruik van 'n entropiegewig wolkteorie tegnologie evalueringsmetode om die tegniese evalueringsprobleem van sleutel wetenskaplike en tegnologiese navorsing- en ontwikkelingsprojekte op te los. Die indeks is gekies volgens die 'DISCOW' (dinamies, onafhanklik, wetenskaplik, volledig, objektief en werkbaar) konstruksiebeginsel, die beleid-riglynmetode en die kortste afstand metode. Die graad van informasie bydrae word gebruik om die indekssisteem te verifieer. Die entropie geweegde analitiese hiërargie proses is gebruik om die gewigte van die aanwyser- en die maatstaf-vlakke te bepaal. Die evalueringsmetode is geverifieer met die sleutel tegnologie navorsing- en ontwikkelingsprojek van n toerustingvervaardigingsindustrie in Sjina in 2018. Die resultate toon dat hierdie tegnologie evalueringsmetode eenvoudig en prakties uitvoerbaar is. Dit kan kwalitatiewe en kwantitatiewe evaluasies doeltreffend omskakel. Die evaluasie resultate is objektief en konsekwent met die finale evaluasie resultate van werklike projekte. Dit demonstreer n goeie evaluasie- en voorspellingsvermoë en kan gebruik word as die teoretiese grondslag en metode om projekte in regeringsdepartemente van wetenskap en tegnologie te evalueer.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License