SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30 número3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


South African Journal of Industrial Engineering

versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X

Resumo

BOTHA, A.P.. Innovating for Market Adoption in the Fourth Industrial Revolution. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2019, vol.30, n.3, pp.187-198. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/30-3-2238.

Sal markaanvaarding van innoverende produkte en dienste in die vierde nywerheidsrevolusie 'n alternatiewe realiteit vereis? Hierdie vraag word ondersoek in 'n konsepsuele artikel waar nuwe produkaanvaardingspatrone, alternatiewe innovasiestelsels wat intelligente masjiene as innovasievennote met mense insluit, ontwrigting van die vervaardiger, die vierde nywerheidsrevolusie verbruiker, en n fundamentele verandering in besigheidsmodelle oorweeg word. Denkmodelle word voorgestel waar die vier entiteite n nuwe konsep van 'lewenswêreld' produkte aandryf, waar die verbruiker innoveer vir verpersoonliking en doelgemaaktheid, vervaardigingsaanlegte vir volumeproduksie algoritme fabrieke word, en die liniêre waardeketting vernietig word om deur die waardenetwerk vervang te word. Dit gebeur omdat die verbruiker deel van die waardeketting word en die vervaardiger- en verbruikersfunksies oorvleuel en saamsmelt in n nuwe produksie ekostelsel wat deur sosiale handel aangedryf word. Innovasie deur die verbruiker doen weg met bekommernisse van die vervaardiger oor markaanvaarding. Die vervaardiger mag nou verkies om innovasie ondersteuning as n diens aan te bied. Hierdie artikel is bedoel om akademiese debat te stimuleer en om navorsing te inisieer wat die denkmodelle se geldigheid sal ondersoek.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons