SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

MAISIRI, W.  and  VAN DYK, L.. Industry 4.0 Readiness Assessment for South African Industries. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2019, vol.30, n.3, pp.134-148. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/30-3-2231.

Tegnologiese ontwikkelings met betrekking tot die vierde industriële rewolusie veroorsaak verreikende ontwrigtende verandering op nasionale, industrie-, en besigheidsvlak. Industrie 4.0, 'n inisiatief wat die Vierde Industriële Rewolusie aanvuur, geskied teen eksponensiële spoed en dit is noodsaaklik om dit te aanvaar en toe te pas, met die oog op oorlewing en mededingendheid. Alhoewel daar beduidende vordering is met betrekking tot die implementering van Industrie 4.0 in ontwikkelde lande, is daar onsekerheid oor die gereedheid van ontwikkelende lande, insluitend Suid-Afrika, om Industrie 4.0 te implementeer. Die doel van hierdie artikel is om die gereedheid van Suid-Afrikaanse industrieë in hierdie opsig te verken. 'n Vraelys-instrument met kwantitatiewe kriteria wat deur die Impulse Foundation van Verband Deutscher Maschinen- und Anlagenbau saamgestel is, is in hierdie studie gebruik. Die verkennende studie het getoon dat die Suid-Afrikaanse industrie beduidende uitdagings in die gesig staar wat betref strategieformulering en toerustinginfrastruktuur om Industie 4.0-eise te bevredig. Die ondersoek het getoon dat Industrie 4.0-vaardighede in geïsoleerde situasies in Suid-Afrika bestaan, en daarom is verdere studie om meer oor die vereistes vir Industrie 4.0-vaardighede te wete te kom, dringend nodig.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License