SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30 issue2New heuristics for minimising total completion time and the number of tardy jobs criteria on a single machine with release timeA hybrid genetic algorithm-neural network approach for pricing cores and remanufactured cores author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

MOVIUS, S.J.  and  VAN VUUREN, J.H.. A case for implementing self-organising traffic signal control on South African roads. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2019, vol.30, n.2, pp.131-145. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/30-2-1925.

Verkeerseinoptimering kan tot 'n mate die verligting van stedelike verkeersopeenhopings tot gevolg hê, veral deur gebruik te maak van verkeersvloeidata wat intyds versamel word, eerder as verwagte verkeersvloeidata. Onlangse ontwikkeling in radartegnologie het dit moontlik gemaak om gedetailleerde verkeersvloeidata in en rondom straatkruisings intyds waar te neem. Die konsep van self-organisasie is relatief onlangs as 'n belowende alternatief vir verbeterde doeltreffendheid in die toekenning van groenseintyd voorgestel, veral onder ligter verkeerstoestande. 'n Vastetydbeheerstrategie en sewe self-organiserende verkeersein beheeralgoritmes word in die konteks van 'n mikroskopiese verkeersimulasiemodel van 'n provinsiale pad in die Wes-Kaap provinsie van Suid-Afrika vergelyk. Werklike aankomstempo's word as insette vir die model gebruik, terwyl die algoritmes in terme van ses prestasiemaatstawwe vergelyk word, onder beide ligte en matige verkeerstoestande. Die resultate word gebruik om 'n saak te maak vir die aanvaarding van self-organiserende verkeerseinbeheeralgoritmes, veral onder toestande van ligte tot matige verkeersdigtheid, aangesien dit kan lei tot beduidende verbeterings in verkeersvloei as gevolg van verminderde vertragingstyd, die aantal kere wat voertuie stop, en tyd spandeer deur onaanvaarbaar stadig deur die padnetwerk te ry.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License