SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30 número1A model for quality management in a supply chain with a retailer and a manufacturerForecasting new product sales índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


South African Journal of Industrial Engineering

versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X

Resumen

LEONARD, E.; DE KOCK, I.H.  y  BAM, W.. The development of a healthcare innovation adoption readiness assessment tool (HIARAT). S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2019, vol.30, n.1, pp.147-170. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/30-1-2013.

'n Ontkoppeling bestaan tussen innovasies en die aanneming van sulke innovasies, spesifiek binne gesondheidsorgfasiliteite. Hierdie ontkoppeling lei tot verskillende gesondheidsorguitdagings wat tans nie aangespreek word nie, maar wat aangespreek behoort te kan word deur die suksesvolle aanneming en integrasie van 'n innovasie in organisatoriese prosesse. Om die uitdaging van innovasie-aanneming binne gesondheidsorg aan te spreek, word voorgestel dat 'n instrument ontwikkel word om gebiede te identifiseer wat aangespreek moet word om die kanse van die suksesvolle aanneming en integrasie van innovasies in bestaande stelsels in 'n openbare gesondheidsorgfasiliteit te verbeter. Deur die beoordeling van 'n fasiliteit se gereedheid vir innovasie aanneming, is dit moontlik om die struikelblokke tot die suksesvolle aanneming van innovasies te identifiseer. Om te weet wat sulke uitdagings of hindernisse vir die aanneming van innovasies is, sal rolspelers in staat stel om hierdie uitdagings of hindernisse aan te spreek. Die doel van hierdie artikel is om die gesondheidsorg-innovasie-aannemingsgereedskap-assesserings-instrument (HIARAT) te ontwikkel, wat die volwassenheid van 'n gesondheidsorgfasiliteit se aannemingsproses meet. Die HIARAT is gevalideer deur middel van 'n gesigs-evaluasie werkswinkel, en deur middel van 'n gevallestudie by 'n Suid-Afrikaanse openbare gesondheidsorgfasiliteit.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons