Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
South African Journal of Industrial Engineering
versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X
Resumen
PRINSLOO, J.; MATHEWS, M.; DU PLESSIS, J. y VOSLOO, J.. Development of a software-based monitoring and information system for industrial telemetry applications. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2019, vol.30, n.1, pp.54-68. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/30-1-1901.
Die industriële sektor kan baat by die integrasie van 'Internet of Things' (IoT) toepassings. Betroubaarheid en gehalte van diens is egter belangrike faktore wat in ag geneem moet word. Huidige uitdagings soos onstabiele konnektiwiteit in koordlose netwerke kan negatiewe gevolge hê in industriële toepassings. Die doel van hierdie studie is om 'n unieke stelsel voor te stel wat in staat is om koordlose kommunikasie netwerke met 'n groot omvang te monitor, met die doel om die gehalte van diens en betroubaarheid van hierdie netwerke te verbeter. Die stelsel was prakties ontwikkel en geïntegreer met 'n bestaande netwerk wat verskeie industriële fasiliteite in die Republiek van Suid-Afrika koordloos verbind. Die stelsel was in staat om tagtig afgeleë industriële eindpunte te monitor. Meer as eenduisend individuele industriële komponente word direk geaffekteer, en konneksie probleme tussen industriële aanlegte was onmiddelik opgespoor. Algehele konnektiwiteit was verbeter met meer as 25 persent.