SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30 issue1A review of manufacturing resources planning models under different uncertainties: State-of-the-art and future directionsProposed business process improvement model with integrated customer experience management author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

HATTINGH, E.; VAN WAVEREN, C.C.  and  CHAN, K.-Y.. A learning curve theory perspective on projects. Ranking the key determinants to improve project efficiency. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2019, vol.30, n.1, pp.37-53. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/30-1-1886.

As deel van die evolusie in konstruksiebestuur het kennis van projekkwaliteit asook die tydsduur van konstruksieprojekte 'n groter noodsaaklikheid geword. Kliënte het verwagtinge wat dikwels gebaseer word op persoonlike aannames rondom die geldigheid van die leerkurweteorie en die toepaslikheid daarvan op konstruksieprojekte. Die doel van hierdie navorsing is om die projekkriteria te bepaal wat in plek moet wees om die geldigheid van die leerkurweteorie op konstruksieprojekte te bevorder. Die uitslag van die opnamevraelys, wat deur professionele persone in die konstruksiebedryf voltooi is, het getoon dat daar verskeie kriteria van belang is, naamlik: die projekspesifikasie, die ontwerp en omvang van die projek, die begroting, die bestuur van die konstruksiewerf, die beplanning, monitering en kontrole, asook die kwaliteitverwagtinge van die projek. Indien meerdere van hierdie kriteria tussen twee projekte ooreenstem, verhoog dit die kans dat die leerkurweteorie suksesvol van een projek na 'n ander toegepas kan word. Ter afsluiting word praktiese aanbevelings gemaak wat die belangrike kriteria uitlig wat nodig is vir die suksesvolle toepassing van die leerkurweteorie op konstruksieprojekte. Hierdie aanbevelings kan deur kliente en kontrakteurs gebruik word as n basis tydens die onderhandeling van projekskedules vir opkomende en soortgelyke projekte.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License