SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

ALABDULKARIM, A.A.. Improving the operations performance of a chemotherapy clinic: A two-phase approach. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2018, vol.29, n.4, pp.45-52. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/29-4-1941.

Die toenemende aantal kankerpasiënte, gepaardgaande met die ontwikkeling en gebruik van nuwe, doeltreffende medisyne, het die vraag vir kankerversorging verhoog. Buitepasiënt chemoterapie-klinieke is ingewikkelde fasiliteite as gevolg van die wye verskeidenheid van kanker tipes en behandelingsprotokolle wat onderhewig is aan beperkte hulpbronne. Hierdie artikel adresseer die bedryfsbeplanningprobleem wat deur hierdie klinieke ervaar word. Hierdie probleem sluit in die optimale toedienning van die aanvanklike behandeling aan nuwe pasiënte in tandem met die teenwoordigheid van bestaande pasiënte. 'n Tweeledige benadering is voorgestel om die begindae van 'n groep nuwe pasiënte se behandeling te optimiseer. In die eerste stadium word 'n sisteemdinamika simulasiemodel, wat uit bestaande literatuur aangepas is, gebruik om die kritiese dae vir die nuwe pasiënte te bepaal, met ander woorde die laaste geleentheid wanneer 'n nuwe pasiënt met behandeling moet begin. Die optimale begindae word dan bepaal met 'n gemengde heelgetalprogrammeringsmodel. Die resultate toon dat die optimale begindae effektief geprioritiseer en evalueer kan word deur middel van simulasie en wiskundige programmering.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License