SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

LOUW, W.; WIUM, J.; STEYN, H.  and  GEVERS, W.. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2018, vol.29, n.3, pp.173-187. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/29-3-2058.

Die belangrikheid van die rol van die bestuursborg, insluitend die bydrae wat hy/sy maak tot die sukses of faling van ' n projek word wyd erken in die projekbestuur literatuur. Verwysings na die leierskapsrol van die bestuursborg asook die wesenlike komponent wat dit uitmaak van die profiel van die bestuursborg word bykans net soveel aangetref in die literatuur. ' n Megaprojek word gedefinieer as 'n grootskaalse, komplekse onderneming wat tipies 1 miljard Amerikaanse dollar of meer kos, etlike jare neem om te ontwikkel en te bou, veelvuldige publieke en privaat belanghebbendes betrek, transformasioneel van aard is, en miljoene mense beïnvloed. Uitvoerende bestuursborge word hoofsaaklik aangewys vir projekte van strategiese aard wat kompleks is, ' n beduidende hoeveelheid risiko dra, en uitsonderlik sigbaar is. Dit is dus duidelik dat ' n megaprojek geregtig is op ' n bestuursborg vanuit die uitvoerende en mees senior bestuursvlakke van ' n organisasie. Eerder as om aan te sluit by die debatte oor kompleksiteit en leierskap in die projekbestuur literatuur, dui hierdie artikel aan tot welke mate leierskapsteorieë benut kan word om instrumente te identifiseer wat kan meehelp in die evaluering van leierskapstyle asook die leierskap eienskappe/ attribute van ' n bestuursborg. Ter afsluiting word ' n raamwerk voorgestel om assesseringsinstrumente te identifiseer vir die evaluering van leierskapstyle en leier eienskappe/ attribute.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License