SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


South African Journal of Industrial Engineering

versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X

Resumen

BOTHA, A.P.. Rapidly arriving futures: future readiness for Industry 4.0. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2018, vol.29, n.3, pp.148-160. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/29-3-2056.

Die toekoms wat deur Industrie 4.0 bepaal word, het aangebreek. Metodes is beskikbaar om die toekoms te antisipeer, dit te benader, dit af te skat en 'n gekose toekoms te kies; maar weet ons hoe om ontwrigtende toekomste deel van ons besigheid en lewens te maak? Deur voort te bou op tegnologiegereedheidsvlakke en vervaardigingsgereedheidsvlakke, word toekomsgereedheidsvlakke en 'n toekomsgereedheidsindeks in die artikel voorgestel. Toekomsgereedheid is gebaseer op gereedheid op die tegnologie, gedrag, gebeurtenis en vermoë tot toekomsdenke vlakte. Die gereedheidsindeks word bepaal deur die totale toekomsdenke ruimte. Wanneer die gereedheidsmetings beskikbaar is, kan daar op strategiese ingryping besluit word, wat sukses in die toekoms sal bepaal. Bestaande en verlangde toekomsgereedheid kan bepaal word en die gapings tussen hierdie toestande kan aangespreek word. Die benadering verskaf 'n metode vir interne monitering en evaluering van die toestand van die organisasie wat dit in staat stel om kompeterend te bly in 'n toekoms wat Vinning naderkom, om kompeterende vergelyking te doen van organisasies in soortgelyke besigheid, om op industrievlak te vergelyk, sowel as om, uiteindelik, na die toekomsgereedheid van nasies te kyk.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons