SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 número3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


South African Journal of Industrial Engineering

versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X

Resumo

FANTA, G.B.  e  PRETORIUS, L.. A conceptual framework for sustainable eHealth implementation in resource-constrained settings. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2018, vol.29, n.3, pp.132-147. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/29-3-2055.

Daar is bewyse dat verskeie elektroniese-gesondheid (e-gesondheid) proefprojekte in ontwikkelende lande nie kon vorder tot volskaalse implementering nie. Die volhoubare implementering van e-gesondheid raamwerke wat in die literatuur rapporteer word, is lineêr gemodelleer en reflekteer nie die ware nie-lineariteit en dinamiese kompleksiteit wat hiermee assosieer word nie. Hierdie studie stel 'n volhoubare e-gesondheid implementeringsraamwerk voor om die langtermyn volhoubaarheid van e-gesondheidstelsels in ontwikkellende lande te ondersteun. Die raamwerk adresseer die nie-lineêre en dinamiese verhoudings tussen elemente van die ekosisteem in die implementering van e-gesondheid deur terugvoer stelsels deur 'n stelseldinamika benadering te volg. 'n Literaturstudie en 'n stelselsbenadering is gebruik om die interaksies tussen die elemente van n volhoubare e-gesondheid-stelsel te verstaan. Die resultate toon dat die langtermyn volhoubaarheid nie net van tegnologiese faktore afhang nie, maar dat ekonomiese, maatskaplike en organisatoriese faktore ook 'n rol speel. Die oorsaaklike-lus diagram beklemtoon die dinamiese wisselwerking tussen die faktore van 'n volhoubare e-gesondheidstelsel.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons