SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 número3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


South African Journal of Industrial Engineering

versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X

Resumo

HENNING, M.; HAGEDORN-HANSEN, D.  e  VON LEIPZIG, K.H.. A conceptual framework to increase competitiveness in a biltong factory. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2018, vol.29, n.3, pp.108-120. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/29-3-2053.

Die globale jaarlikse biltong-markwaarde is in 2003 beraam as R640 miljoen tot R1.1 miljard. Dit is gerapporteer dat biltongverkope teen 2015 sal vermeerder tot meer as R2,5 miljard. Om hierdie verkope verder te vermeerder en om mededingendheid te verseker as 'n individuele maatskappy in 'n veranderende besigheids-landskap, word die sukses van die produk bepaal deur doeltreffende bedrywighede. Om doeltreffende bedrywighede te bereik, is die akkurate bepaling van prestasiemetings uiters belangrik. In wêreldklas-vervaardigingsaanlegte, is een van die primêre kenmerke van prestasiemetings die meting van siklustyd. Alhoewel daar klem gelê word op Industrie 4.0 as verwysing en veral op werklike tyd data, gebruik die biltong-fabriek waar hierdie studie uitgevoer is nog steeds mens-gedrewe fasiliteite. Om hierdie rede is die fokus van hierdie studie om (met betrekking tot prestasie-metings) doeltreffende bedrywighede en mededingendheid te behaal en te volhou. Dus, is die doel van hierdie studie om verskillende mededingende voordeel konsepte te ondersoek ten einde 'n produksiebestuursmodel te bou. Die biltong-fabriek het tans nie gevestigde data vir siklustye met betrekking tot hul produksie-aktiwiteite nie. Daarom is 'n vereiste vir hierdie model om die siklusstye vir hul produksie-aktiwiteite te bepaal. Hierdie model kan deur die fabriek gebruik word om hul produksie doeltreffend te bestuur en uiteindelik hul mededingendheid te verbeter.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons