SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


South African Journal of Industrial Engineering

versión On-line ISSN 2224-7890
versión impresa ISSN 1012-277X

Resumen

MAASZ, G.J.  y  DARWISH, H.. Towards an initiative-based industry 4.0 maturity improvement process: master drilling as a case study. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2018, vol.29, n.3, pp.92-107. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/29-3-2052.

Industrie 4.0 is 'n onvermydelike globale rewolusie met ontwrigtende effekte. Baie sektore in Suid-Afrika is tans onvoorbereid vir die nodige transformasie om mededingend te bly. Daar bestaan 'n ewigdurende behoefte vir die land om relevant te bly binne die globale industrie. Die mynbou sektor bestaan uit verskillende maatskappye wat tot die sektor in sy geheel bydra. Daar is groot potensiaal mits hierdie Industrie 4.0 golf behoorlik geïntegreer en aangewend word binne hierdie sektor. Om Industrie 4.0 geleenthede ten volle te benut, moet areas van swakheid binne die sektor geïdentifiseer en aangespreek word. Hierdie artikel neem 'n unieke stap in die begrip van mynbousektor gereedheid deur 'n maatskappy binne die sektor te analiseer. 'n Gevallestudie word gedoen by Master Drilling. Dit identifiseer moontlike areas van swakheid en potensiële fokus op Industrie 4.0 inisiatiewe. Dit word verder aangevul deur 'n bedreigings, geleenthede, swakhede en sterkpunte-analise op die besigheid aangaande Industrie 4.0. 'n Industrie 4.0-volwassenheidsanalise word uitgevoer om die gebiede van verdere ondersoek te identifiseer. 'n Proses is ontwerp om enige entiteit in staat te stel om sy volwassenheid te analiseer, wat area-gefokusde tegnologie innovering tot gevolg kan hê.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons