SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 issue1Trends in a South African industrial engineering research journal: A textual information analysis perspectiveAn integrated performance management framework for a multi-business company author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

ILLIDGE, A.  and  BRIGHT, G.. An automated flexible fixture system for mass customisation. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2018, vol.29, n.1, pp.21-34. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/29-1-1802.

Die behoefte aan grootskaalse op bestelling aangepaste vervaardigde produkte is aan die toeneem. Die bestaande hegstuk-tegnologie beskik nie oor die vermoë om hiervoor voorsiening te maak nie. Dit is bepaal, deur navorsing, dat 'n hegstuksisteem wat die volgende eienskappe besit benodig word om grootskaalse op bestelling vervaardiging te bewerkstellig: dit moet 'n groot verskeidenheid van onderdeel-soorte en -vorms akkommodeer, dit moet van geoutomatiseerde opstellings en opstelling veranderings beskik, dit moet uit n semi-geoutomatiseerde hegstukontwerp bestaan en dit moet voorsienning maak vir aanpasbare terugvoer tydens die masjinering proses. 'n Hegstuksisteem is ontwikkel wat aan hierdie vereistes voldoen. Dié sisteem is nagevors, ontwerp, vervaardig en getoets. Tydens die toetse is die sisteem se reaksie op veranderinge in die masjineringstoestande bepaal. Die sisteem se reaksie tydens die toetse het getoon dat dit meestal normaal reageer het, met hoër voer- en spilsnelhede wat in die algemeen meer vibrasie bandwydtes lewer. Verdere ontwikkeling is nodig voordat die sisteem kommersiële standaarde haal. As 'n bewys van konsep was dit egter suksesvol. Hierdie artikel bespreek die sisteem in detail.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License