Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
South African Journal of Industrial Engineering
On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X
Abstract
KIRSTEIN, C.F. and VISSER, J.K.. Risk modelling of heavy mobile equipment to determine optimum replacement ages. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2017, vol.28, n.4, pp.66-79. ISSN 2224-7890. http://dx.doi.org/10.7166/28-4-1591.
Fisiese bate- en instandhoudingsbestuurders moet dikwels besluit wanneer om 'n groot bate te vervang. Die hoofdoel van hierdie studie was om 'n metodologie te ontwikkel om die optimale vervangtyd van swaar mobiele toerusting naby die einde van sy leeftyd te bepaal. Die studie was uitgevoer op 'n ou elektriese tougraaf wat by 'n oopgroef steenkool myn aangewend word. Die falings impak en falings waarskynlikhede van komponente is verkry vanaf onderwerpkenners deur middel van Delphi analises. 'n Stogastiese-en-parametriese-beraming modellering oplossing was ontwikkel om kwantitatiewe risiko analises met hul insette te doen. Die oplossing het die verwagte verliese van die tougraaf as 'n funksie van ouderdom bereken binne 'n 90 persent vertrouensinterval. Die studie het getoon dat die optimum vervangingsouderdom van swaar mobiele toerusting bepaal kan word deur die verwagte verliese as gevolg van falings van kritieke komponente naby die einde van hul leeftyd te modelleer, met inagname van die onsekerheid in data verkry vanaf onderwerpkenners.