SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

BATINGE, B.; MUSANGO, J.K.  and  BRENT, A.C.. Leapfrogging to renewable energy: The opportunity for unmet electricity markets. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2017, vol.28, n.4, pp.32-49. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/28-4-1702.

Elektrisiteit speel 'n belangrike rol in die sosio-ekonomiese ontwikkeling van enige land. In teenstelling met hul ontwikkelde eweknieë, is ontwikkelende lande se elektrisiteitsmarkte nog nie versadig nie, en is hulle ook boonop nie opgesaal met grootskaalse infrastruktuur wat oorgang sou vertraag nie. Die doel van hierdie artikel is om die potensiële trajekte vir onontginde elektrisiteitsmarkte in sub-Sahara-Afrika te identifiseer om oor te skakel na hernubare energie in hul strewe daarna om toegang tot elektrisiteit te versnel. Die behoefte om volhoubaarheidsdoelwitte te bereik word ondersoek, asook die beskikbaarheid van hernubare energiebronne op voldoende skaal; toenemende belegging in hernubare energie; die ontwikkeling van nie-hernubare tegnologie; die hipotese rakende die verminderde koste verbonde aan hernubare energie-infrakstruktuur; en die bevolkingsaanwas en verstedeliking. Die artikel stel ook 3 omskakeling-paradigmas voor: revolusionêre, verspreide of gefokusde roetes. Dit was gedefinieer deur die tempo en omvang van die omskakeling waargeneem, en hang af van die intensiteit van die geïdentifiseerde drywers in die mark. Die argument word gemaak dat die onbevredigde elektrisiteitsmark in die sub-Sahara mark geleenthede bied om die fosielbrandstof-intensiewe energie-opwekking verby te steek en sodoende 'n hernubare energie regime in werking te stel.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License