SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 número3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


South African Journal of Industrial Engineering

versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X

Resumo

GOOSEN, P.; MATHEWS, M.J.  e  VOSLOO, J.C.. Automated electricity bill analysis in South Africa. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2017, vol.28, n.3, pp.66-77. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/28-3-1840.

Die kostes verbonde aan elektrisiteit in Suid-Afrika neem vinnig toe en die befondsingshekkie vir energiebesparinginsentiewe verminder. Daarom, met die toenemende internasionale mededinging en operasionele kostes, moet marginale industrieë fokus op energiebestuurstrategieë waar groot besparings met klein kapitaalbestedings verwesenlik kan word. 'n Behoefte aan 'n omvattende energiebestuur informasiestelsel word uiteengesit in hierdie artikel. Energiebestuur slaggate word uitgelig en energiebesparinginsentiewe word bespreek. Nuwe fokuspunte wat kliëntbewustheid verbeter en gevolglik die volhoubaarheid van energiebestuuringrypings verhoog word ook uitgelig. Om voordeel te trek uit energiebesparings word egter meer ingewikkeld en gevolglik ly baie kliënte daaronder, behalwe as hulle industriekenners betrek. Hierdie industriekenners vereis egter groot hoeveelhede data om 'n kliënt se energie effektief te bestuur. Daarin lê die noodsaak vir 'n omvattende energiebestuur informasiestelsel. So 'n energiebestuur informasiestelsel is ontwikkel en geïmplementeer vir verskeie industrieë in Suid-Afrika. Data is outomaties ingesamel, geprosesseer, analiseer en voorgehou op n daaglikse basis. 'n Gevallestudie ondersoek die enorme hoeveelheid data en verslae wat outomaties bestuur word. Dit beklemtoon die behoefte aan n omvattende energiebestuur informasiestelsel.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons