SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 issue2A location-inventory model including delivery delay cost and capacity constraints in a stochastic distribution networkThe role of relationship management in the successful outsourcing of maintenance author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

STEYNBERG, R.; LOTTER, D.P.  and  VAN VUUREN, J.H.. Framework for identifying the most likely successful underprivileged tertiary study bursary applicants. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2017, vol.28, n.2, pp.59-77. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/28-2-1695.

In hierdie artikel word 'n raamwerk vir 'n besluitsteunstelsel daargestel wat gebruik kan word om 'n tersiêre beursvoorsiener gedurende die beurstekenningsproses aan voornemende studente by te staan. Die stelsel identifiseer aansoekers uit 'n aanvanklike poel vir wie daar 'n verwagting bestaan dat hulle suksesvolle tersiêre studente sal wees, om sodoende die finale seleksieproses uit 'n kortlys te fasiliteer. Die werking van die stelsel berus op verskeie klassifikasiemodelle vir die voorspelling van sukses van aansoekers tydens hul voorgenome tersiêre studies. Hierdie modelvoorspellings word dan op 'n geweegde wyse gekombineer om 'n oorkoepelende voorspelling vir elke student daar te stel. Daar word ook van 'n multi-kriteria besluitnemingsmetode gebruik gemaak om elkeen van die aansoekers aan 'n rangorde vlak toe te ken. Op hierdie wyse lewer die stelsel beide 'n voorspelling aangaande die verwagte sukses van elke kandidaat en 'n ranglys waarvolgens kandidate met mekaar vergelyk kan word. Die praktiese werkbaarheid van die stelsel word aan die hand van werklike data wat deur 'n industrie-vennoot verskaf is, gedemonstreer, en die sukseskoers van die stelsel se aanbevelings word met dié van die industrie-vennoot vergelyk.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License