SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 número1Proposed business process improvement model with integrated customer experience managementDevelopment of a project management methodology for the consulting engineering industry índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


South African Journal of Industrial Engineering

versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X

Resumo

PURNOMO, H.; GIYONO, E.  e  APSARI, A.E.. The use of macro-ergonomic work system designs to reduce musculoskeletal disorders and injury risk in training. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2017, vol.28, n.1, pp.47-56. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/28-1-1600.

Opleiding met bevoegdheid as basis is 'n regeringspoging om die werknemer kandidate se werksvertoning te verbeter. Die Tegniese Implementeringseenheid van die Technopark Ganesha Sukowati Sragen is 'n opleidingsentrum in die Sragen regentskap in Indonésie. Ergonomiese kwessies het nog nie aandag in sommige opleidings-programme gekry nie. Die werkstelsel is ontwerp om die sukses van die agentskap se visie en missie te ondersteun deur gebruik te maak van die makro-ergonomiese analise- en ontwerpbenadering. Navorsingresultate toon dat die sleutel variansie die installasie van borduurhoepels is, omdat dit moeilik en tydrowend is. Integrasie van die werksisteem met ergonomiese ontwerpe is nodig om 'n aangename opleidingsomgewing te skep en sodoende werkbevoegdheid te skep. Die nuwe ontwerp sluit verstelbare sitplekke, tafels met 'n voetrus, verbeterde beligting, gesigmaskers, oorpluisies en drinkwater in. Die werkswinkel uitleg is ontwerp om die werkproses te volg. Die vakleerlinge het ook in strekoefeninge deelgeneem voor opleiding 'n aanvang geneem het. 'n T-toets is uitgevoer met dieselfde navorsingsontwerp en dieselfde proefpersoon. Die resultate toon 'n vermindering van tot 60.39 persent in spier-skelet afwykings en 'n vermindering van tot 22.2 persent in die risiko dat n besering gaan plaasvind.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons