SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


South African Journal of Industrial Engineering

versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X

Resumo

KOVACEVIC, S.; PAPIC, L.; JANACKOVIC, G.L.  e  SAVIC, S.. The analysis of human error as causes in the maintenance of machines: a case study in mining companies. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2016, vol.27, n.4, pp.193-202. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/27-4-1493.

'n Twee-stap metode om die faktore en aspekte wat menslike foute gedurende die instandhouding van mynmasjinerie beïnvloed, word beskryf. Die eerste stap is die oorsaak-gevolg analise, wat met 'n dinkskrum ondersteun word, waartydens vyf faktore en een-en-twintig aspekte identifiseer word. Tydens die tweede stap word die groep-wasigheid-hiërargie analise proses gebruik om die geïdentifiseerde faktore en aspekte te rangskik. 'n Gevallestudie is op mynondernemings in Serwië geloods. Die sleutelaspekte is rangskik volgens 'n analise wat mynonderneming risiko kenners ('n instandhoudingsingenieur, 'n tegnoloog, 'n ergonoom, 'n sielkundige en 'n organisatoriese wetenskaplike) ingesluit het. Nalating om tegniese instandhoudingsinstruksies te volg, swak organisasie van die opleidingsproses, onvoldoende diagnostiese toerusting en n tekort aan die verstaan van die werksprosesse is geïdentifiseer as die belangrikste oorsake van menslike foute.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons