SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

OOSTHUIZEN, G.A.; NUNCO, K.; CONRADIE, P.J.T.  and  DIMITROV, D.M.. The effect of cutting parameters on surface integrity in milling Ti6Al4V . S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2016, vol.27, n.4, pp.115-123. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/27-4-1199.

Die masjineringsvermoë doelwit bly steeds om operasionele kostes te verminder en om die produksietempo te verhoog, terwyl die vereiste oppervlakafwerking van die komponent gehandhaaf of verbeter word. Ten einde hierdie doelstelling te bereik is verskeie komponente in samewerking met industrievennote, as maatstaaf komponente gekies en gemasjineer. Titaan allooie word op groot skaal in verskeie industrieë gebruik vanweë sy unieke sterkte-tot-digtheid verhouding en korrosiebestandheid. Hierdie eienskappe maak die allooi egter ook vatbaar vir oppervlakafwerking skade tydens die masjineringsproses. Die navorsingsdoelstelling van hierdie studie was om die effek van die snyparameters op die oppervlakafwerking te verstaan, om sodoende te verseker dat die komponente binne die vereiste oppervlak toleransies vervaardig word. Die effek van snyspoed en voertempo tydens freeswerk op die oppervlak grofheid, mikrohardheid en mikrostruktuur van die Ti6Al4V werkstuk is bestudeer. Die oppervlakgrofheid het verhoog met 'n toename in voertempo en vermindering in snyspoed. Die maksimum mikrohardheid was 23 persent harder as die basismateriaal. Plastiese vervorming en korrel rotasie onder die gemasjineerde werkstuk oppervlak is gevind met die korrelgrein in die rigting van die voer. Daar was geen aanduiding van suboppervlak defekte onder enige van die toets kondisies nie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License