SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

MALULEKE, G.T.  and  PRETORIUS, L.. Modelling the impact of mining on socio-economic infrastructure development - a system dynamics approach. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2016, vol.27, n.4, pp.66-76. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/27-4-1133.

Die bydrae van mynbou-aktiwiteite tot sosiale infrastruktuur en menslike ontwikkeling is 'n komplekse sosio-ekonomiese ontwikkeling kwessie in Suid-Afrika. Die kompleksiteitsteorie het 'n nuwe benadering tot die oplossing van probleme in sosiale stelsels gebring deur hulle as komplekse stelsels te benader en die sosio-ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika val binne hierdie kategorie van komplekse stelsels. Die ontleding van so 'n stelsel vereis dat 'n aantal terugvoerlusse en besonderhede rondom die kwessies gelyktydig ontleed word. Hierdie vlak van kompleksiteit is bo menslike vermoë om te verstaan sonder die hulp van gereedskap soos stelsel denke en -dinamika. Die verwantskap tussen belegging in kapasiteit infrastruktuur en sosio-ekonomiese ontwikkeling is dinamies. Die verwantskap word beïnvloed deur eksterne terugvoer, en indien dit nie bestuur word nie is die verwantskap geneig om ook in die omgekeerde rigting neerslag te vind. Die artikel bied die resultate van 'n dinamiese stelsels-modellering van die verwantskap wat gebaseer is op die beginsel van relatiewe aantreklikheid en wat ontwikkel is vanuit vorige stelseldinamika navorsing. 'n Monte Carlo analise word gebruik om die sensitiwiteit van die stelsel ten opsigte van verandering in terugvoer te bepaal. Een van die gevolgtrekkings in die navorsing is dat die grense van groei in 'n sosio-ekonomiese omgewing bepaal word deur meer faktore as die beskikbaarheid van kapitaal, wat die land kapasiteitsbeperkings en vaardigheidstekorte ook insluit.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License