SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 número3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


South African Journal of Industrial Engineering

versão On-line ISSN 2224-7890
versão impressa ISSN 1012-277X

Resumo

NYEMBWE, K. et al. Physical properties of sand parts produced using a Voxeljet VX1000 three-dimensional printer. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2016, vol.27, n.3, pp.136-142. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/27-3-1661.

Gevallestudies van metaalgiettoepassings, wat van sand gietvorms en kerns gebruik maak wat met toevoegingsvervaardiging vervaardig word, is al volop gepubliseer. Die laag-gebaseerde vervaardigingsproses het die tradisionele sandgietvorm metodes totaal hervorm. Dit is hoofsaaklik as gevolg van die talryke voordele van toevoegings-vervaardiging. Dit sluit in die verkorting van die ontwerpleityd en die vermoë om ingewikkelde geometrieë in 'n vinnige omkeertyd te vervaardig. 'n Beter verstaan van die eienskappe van die onderdele, wat met toevoegings-vervaardigingtegnieke produseer word, is egter nodig voordat dit deur die gietbedryf aanvaar gaan word. Kritiese eienskappe van driedimensioneelgedrukte onderdele wat nie alombekend is nie is onder andere die sterkte, dimensionele akkuraatheid en hardheid. Die fisiese eienskappe van toetsmonsters is ondersoek vir buig- en treksterkte, hardheid, buigbaarheid, brosheid en oppervlak-afwerking. Die fisiese eienskappe van die toetsmonsters is vergelyk met die eienskappe van laboratorium, handgekompakteerde monsters. Die resultate toon dat die toevoegingsvervaardiging monsters se eienskappe slegter as die van konvensioneel gegiete monsters is.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons